"Natuurlik swanger"

akkreditasie
Geloof het Elodie deur haar tydperk van onvrugbaarheid gedra, totdat sy natuurlik swanger geraak het.

Elodie Pelser het, ten spyte van druk om invetro-bevrugting te ondergaan, natuurlik swanger geraak.

Ek het meer as 5 jaar gesukkel om swanger te word, alle pille probeer vir my en my man maar niks het gewerk nie.

Ons het vir 'n inplanting gegaan maar niks het gebeur nie. Toe gaan ons om uit te vind oor die invetro inplanting en terwyl die dokter ons presies verduidelik wat hulle gaan doen en die hele prosedure vir ons uitlê is dit net asof God vir my se "Maar dis mos nie van My af nie".

Toe ons uit die spreekkamer loop sê ek dadelik vir myself ek gaan dit nie doen nie, want dis onnatuurlik en ek glo nie dis wat God vir ons wil hê nie. Die einde van daardie maand vind ek uit ek is reeds 6 weke swanger (natuurlik). Ek sê nie invetro is verkeerd nie, daar's baie mense wat geluk gevind het met dit, maar dit was nie vir ons bedoel nie.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees