Opvolg storie van "My bloed vernietig my baba"

akkreditasie
Hier is die opvolg storie deur Juanita Kloppers oor haar familie en hoe hulle deur daardie moeilike tyd gekom het. 

Ek hoop regtig ons verhaal kan ander mamma's help en ook hoop gee.

Dit is vandag presies vier jaar terug, 21 Mei 2010 wat ek my perfekte baba seun in my arms vasgehou het en ook moes groet.... Moedelose en hartbrekende mamma's, dit bly vir ewig 'n letsel en soms wil ek nie al die detail weer indink nie, want dit maak net te seer. Vier jaar terug het ek dieselfde vrae gevra, hoe sal ek kan aangaan met my lewe? Hoe sal ek ooit weer gelukkig kan wees? Permanent gevoel of ek 'n "tyre" saam sleep wat om my lyf vasgemaak is.

Ek het ook 'n fase gekry wat ek nie kon bid nie, wat ek self gewonder het of daar 'n God is? Alles het net duister en onmoontlik gelyk. Mamma, jy mag maar so voel, jy mag kwaad wees vir die Here, jy is net mens en God wil hê dat jy al jou vrae en hartseer na Hom toe moet bring. Na 4 jaar vra ek ook nog soms Hoekom???

Ek weet dat ons 'n groter doel op aarde het en ek vertrou nou soos 'n kind en hou vas aan God. Maar ek wil vandag vir julle sê, ons God is Almagtig en Sy krag en Genade is onbeskryflik groot. Ons is wonderbaarlik geseën met Heinrich, soos julle sy verhaal gelees het wat self 'n bitter moeilike pad was, skaars 10 maande na Niël se dood. God het sy genade aan ons bewys.

Hy is 'n pragtige woelige 3 jarige wat die huis omkeer vandag. Na 3 jaar het ek besef ek sukkel om al hierdie gebeure te verwerk en was 'n emosionele bol, my huishouding en gesin het daaronder gelei. Ek het vir berading gegaan, en vandaar het ek nuwe krag ontvang, of sal ek eerder sê, God help my elke dag op my denke te vernuwe. Sodra ek voel die wêreld trek my onder vra ek dat God my denke moet vernuwe. Uiteindelik na 3 jaar het ek waarlik weer gelukkig gevoel, die "tyre" het nie meer saam gesleep nie. Alhoewel ons weet wat se ongelooflike risiko 'n volgende swangerskap sou wees kon ek net nie berusting vind met my twee kindertjies nie...ek weet ek kla seker met die witbrood onder die arm, maar ek het regtig net 'n behoefte gehad om weer 'n baba-tjie te hè.

Vanaf Sept 2012, het ons oor die saak gebid en self met die ginekoloog gepraat. Winter 2013 het ek met Dr Lombaard gepraat, wat die transfussies gedoen het....sy terugvoer was positief, met Heinrich kom hulle eers vanaf 24 weke transfussies doen,nou agterna het hy ekstra spesialiseer en kan al vanaf 16 weke begin met transfussies. Nog vyf maande later het ons uiteindelik besluit dat ons al ons vertroue in God sal plaas en nederig sal wees voor Hom, en dat sy wil moet geskied. Ons is baie dankbaar om te kan sè dat ons 18 weke swanger is met 'n sussie en sover gaan alles baie goed.

Statisties gewys het ons verwag om teen 16 weke 'n transfussie nodig te gehad het, maar daar is ons al 18 weke en die Here se genade is vir ons baie groot!! My teenliggaamvlakke is onsaglik hoog 1:512 waar met Heinrich dit maar 1:64 was. Maar haar vlakke lyk heel normaal en ons bid hard dat God ons sal seën met 'n negatiewe bloedgroep baba'tjie wat 100% gesond sal wees. Ek is in my hart oortuig sy is negatief en ek baklei alke dag die "vrese" duiwel van my skouer af! In die naam van die Here spreek ek lewe oor ons meisiekind en ek gee geen vatkans vir die duiwel nie. Ek vra dat julle saam my sal bid dat die swangerskap so voorspoedig sal bly.

Dankie vir almal se onsaglike liefde en omgee. Ek wil afsluit deur te sê, mamma's daar is hoop... Dr Lombaard by Pretroia -Oos kan transfussies vir jou ongebore kind gee en bo alles is daar 'n Almagtige God!!!

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees