V&A: Ovulasie is deurmekaar

akkreditasie
Ek was twee jaar lank op die Pil en wil nou ’n baba hê. Soms het ek ses maande lank nie ’n maandstonde nie. Ek sal dus geen idee hê van wanneer ek gaan ovuleer of wanneer ek swanger is nie. Is dit normaal om so lank nie ’n maandstonde te hê nie en waardeur word dit veroorsaak?

Dr. JP du Buisson (ginekoloog) antwoord:

Dis beslis nie normaal om net elke ses maande te menstrueer nie.

Jy ly waarskynlik aan ’n toestand met die naam polisistiese ovariumsiekte. Dit beteken dat jy nie op ’n gereelde basis ’n eiersel vrystel nie; die rede hiervoor is onduidelik.

Jy is dus heeltemal reg dat jy moeilik gaan weet wanneer jy ovuleer.

Dis nodig dat jy ’n ginekoloog besoek wat toetse kan doen om die toestand te bevestig of ander behandelbare oorsake (soos ’n onderaktiewe skildklier) uit te skakel.

Die ondersoek behoort ’n fisieke ondersoek, ’n sonar en sekere bloedtoetse in te sluit. As die diagnose van polisistiese ovariumsiekte bevestig word, is daar behandeling beskikbaar wat jou sal laat ovuleer.

Dis moontlik om swanger te raak met daardie ovulasie een keer in ses maande, maar dis hoogs onwaarskynlik dat dit sal gebeur – amper so groot soos jou kans om die lotto te wen.

Gaan dus so gou moontlik ginekoloog toe om die wiele aan die rol te kry.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees