V&A: Ek is 20 weke swanger en ondervind ongewone pyne in my borste

akkreditasie
Ek is 20 weke swanger en ondervind ongewone pyne in my borste. Wanneer ek aan hulle voel, is dit normaal, maar soms kom die pyn van nêrens af nie en duur dit ’n paar minute voor dit weer verdwyn. Ek is bang dat dit dalk simptome van borskanker is, maar ek is nie seker nie. Ek het my ginekoloog daarvan vertel en hy sê dis normaal wanneer ’n mens swanger is, maar ek is steeds bang. My vel is ook vol barsies. Eers het ek gedink ek kan dit met Bio-Oil behandel, maar dit word net erger. En wanneer sal ek die baba voel skop? Moes ek dit nie al gevoel het nie?

Tina Otte (Swangerskap-en geboortespesialis) antwoord:

Dit is natuurlik dat jou borste meer sensitief raak in die vorm van ’n tintelende gevoel en sensitiewe tepels. Ek is seker jy hoef jou oor niks te bekommer nie. Indien jy klein, ertjievormige klonte in jou bors voel, sou ek bekommerd begin raak, maar dis nie die geval nie. Vertrou jou gesondheidsorgwerker en ontspan.

  • Gaan voort om Bio-Oil aan te wend – dis ’n baie goeie produk vir verskeie velkwessies gedurende swangerskap. Gaan koop vir jou Epi-Maxroom. Jy sal dit in die meeste apteke kry en dit werk uitstekend vir ’n droë vel. Bly uit die son en drink genoeg water sodat jy deeglik gehidreer is.
  • Jy behoort jou baba enige dag van nou af te voel skop. Die meeste ma’s wat hul eerste baba verwag voel die skoppe van 20 tot 22 weke. Dis wanneer jou baba groot genoeg is om sy bewegings merkbaar te maak. Probeer om jou nie te veel te bekommer nie.
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees