V&A: Is daar enige homeopatiese middels wat die kraamproses sal vergemaklik?

akkreditasie
Ek wil graag normaal kraam en is reeds 36 weke swanger. Ek en baba is albei gesond. Is daar enige homeopatiese middels wat die kraamproses sal vergemaklik? Ek wil graag normaal kraam en is reeds 36 weke swanger. Ek en baba is albei gesond. Is daar enige homeopatiese middels wat die kraamproses sal vergemaklik?

Dr. Jana Mostert (homeopaat) antwoord:

Álmeer vroue verkies dit om met die hulp van homeopatiese middels te kraam. Daar is bewyse dat ’n verskeidenheid homeopatiese medisynes met geboorte help.

Alle medisynes moet in hoeveelhede van 200 ch gebruik word en kan elke 15 minute geneem word indien nodig. Beproef ’n ander remedie as jy nie verligting ná twee dosisse voel nie.

Homeopatiese medisynes vir geboorte kan help met skok, pyn, baarmoederversterking en energie. Die mees gebruikte homeopatiese medisynes is akoniet, Arnica en Caulophyllum.

Akoniet help met paniek en ’n geboorte wat baie vinnig vorder met intense pyn, Arnica help met pyn, ’n swaar, lammerige, seer gevoel gedurende geboorte en kneusing ná die geboorte.

Caulophyllum help om sametrekking van die baarmoeder doeltreffender te maak en kan ’n dag of wat voor die geboorte geneem word en gedurende die kraamproses ook indien nodig.

Calcarea phosphorica en Carbo vegetabilis kan help met uitputting; die eerste vir effense uitputting en die tweede as jy doodmoeg en koud begin voel. Cimicifuga en Rhus tox kan help met pynverligting: Beproef dit om die beurt om vas te stel watter een vir jou die beste werk.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees