V&A: Is skanderings akkuraat met die bepaling van verwagte datums?

akkreditasie
Ek is 28 weke swanger met my eerste baba. Ek is opgewonde, maar hoe lank duur ’n eerste swangerskap? Ons het grootgeword met die idee dis nege maande en tydskrifte sê dis 40 weke (as mens dit optel is dit 10 maande), maar die dokters sê die baba sal kom as hy reg is. Ek was by die kliniek waar ek ander swanger vroue ontmoet het. Een het gekla dat sy die dokter gaan raadpleeg het omdat sy die verwagte datum bereik het – sy was 40 weke en 3 dae swanger – maar die dokter het gesê sy moet nog ’n maand loop. Nog ’n vraag: Is skanderings akkuraat met die bepaling van verwagte datums?

Tina Otte (Swangerskap-engeboortespesialis) antwoord:

Baie swanger vroue is verward oor hoe ’n swangerskapdatum bepaal word.

’n Normale swangerskap duur enigiets van 266 tot 280 dae. Mediese personeel praat gewoonlik van swangerskappe in weke, en 40 weke word as normaal beskou. Ek weet dit klink asof ’n swangerskap 10 maande duur, maar onthou, ’n maand gemeet aan die maan is slegs 28 dae lank, maar daar is kalendermaande van 31 dae.

Die 10 maande van swangerskap is min of meer gelyk aan nege kalendermaande. In die meeste gevalle is die beste datum die een wat jy met jou eerste skandering gekry het. Ek hoop dit help.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees