My voete het groter geword, is dit moontlik?

akkreditasie
Ek is nou ses maande swanger met my eerste kind. Ek het nog nie buitengewoon baie gewig opgetel nie- my gewigstoename is normaal vir 'n swangerskap. Ek is egter doodseker my voete word groter, want ek moes intussen 'n paar groter skoene gaan koop. Is dit moontlik? Wat kan dit veroorsaak? 

Dr. JP du Buisson (ginekoloog en verloskundige) antwoord: 

Ek is bly om te hoor dat jou gewigstoename normaal is vir die swangerskap. Onthou dat ’n mens kan verwag om tussen 9 en 12 kg aan te sit terwyl jy swanger is. Jou voete groei nie, maar die verandering in voetgrootte kan te wyte wees aan swelling. Baie swanger vroue se voete swel as gevolg van die verhoogde druk van die vergrotende baarmoeder op die bloedvate wat bloed na die hart terug neem.

Veral die regtervoet kan meer swel omdat die bloedvat wat bloed van daar af terugneem na die hart meer drukking verdra as die linkerkant se bloedvat.

By swanger vroue kan die water verder ook makliker uit die bloedvate lek as gevolg van die relatiewe verdunning van ’n swanger vrou se bloed. Dit is dan ook moeiliker om van die swelling ontslae te raak. Jou voete kan dus groter raak, maar sal weer kleiner word ná die swangerskap.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees