Varkgriep-inentingsprogram

akkreditasie
Swanger vroue en ongebore baba's val in 'n hoë risiko groep vir varkgriep, en kan nou 'n gratis varkgriep inenting by klinieke en regeringshospitale kry.

Die Department van Gesondheid het onlangs met hul Varkgriep inentingsprogram begin. Hoë risiko groepe soos bejaardes, swanger vrouens, diabete en so aan kan in April en Mei gratis immunisasie by klinieke en regerings hospitale bekom. Vanaf Junie kan die res van die gemeenskap by klinieke en regeringshospitale gratis inentings kry.

So laat weet al jou swanger vriendinne en familielede om die inentings so gou moontlik te kry. Verlede jaar het 3 swanger vroue en hul ongebore babas aan varkgriep omgekom in in SA. Dit klink nie baie nie, maar dit is net dié vroue wat by 'n hospitaal kon uitkom om gediagnoseer te word. Julle kan meer oplees oor varkgriep en die inenting by www.vitacare.co.za.

As jy onseker voel of vrae het, praat net met jou ginokoloog oor wat die beste vir jou en jou ongebore baba is.

Groete en vir dié van julle wat swanger is, pas julself mooi op en slaap nou soveel as wat jy kan!

Jongste uitgawe

Okt 2021 - Jan 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees