Voor jy kraam...

akkreditasie
Hier is 17 dinge wat jy moet weet voor jou baba gebore word. Tina Otte, spesialisredakteur van Your Pregnancy, gee raad.

Eintlik 10 maande

Swangerskap is eintlik 10 maande so as jou ondervind dat jy ongeduldig raak, is dit moontlike die rede. Indien jy dit uitwerk, is ‘n voltermyn 40 weke, wat beteken dat jy swanger is vir 10 maanmaande, nie 9 kalendermaande nie.

Oefen

Oefen gedurende swangerskap – jy gee jou baba se brein ‘n hupstoot. Oefening help dat jou baba se brein beter ontwikkel sowel as om julle altwee goed te laat voel as gevolg daarvan dat endorfiene vrygestel word.

Pelviese vloerspiere

Hoe nader jy aan jou verwagte datum kom, kan ‘n nies of hoes veroorsaak dat jy jou broekie natmaak. Dit is niks om oor verleë te wees of om bang te wees nie. Dit bedoel slegs dat jy bietjie pelviese vloerspiere kort.

Pelviese vloer oefeninge is kardinaal gedurende swangerskap. Goed geoefende pelviese spiere sal voorkom dat jy lek elke keer as jy hoes, lag of nies. Onthou om asseblief die spiere te oefen na jou baba gebore is – ongeag watter soort geboorte jy het.

Eerstelinge kom selde op tyd

Jou baba kan dalk drie weke voor die verwagte datum gebore word, of twee weke na die tyd. “Slegs 5% van babas word op hul verwagte datum gebore: 20% word voor die tyd gebore en die meerderheid, 75% word 10 dae na hul verwagte datum gebore,” verduidelik Tina.

Borste prikkel

Jy kan dalk verras wees om te voel dat jou borste prikkel soos dit vol word met kolostrum en later borsmelk. Jou borste sal noot “leeg” word – solank jou baba suig en korrek aangeheg is nie – daar sal altyd ‘n voorraad melk wees gedurende ‘n voeding. Die beste stimulasie is jou baba – nie moutbier, sjampanje of medikasie nie.

Jy kan nie jou baba se geboorte beplan nie

Jy het min of meer ‘n idée in jou kop van die direksie van die geboorte moet verloop, maar babas is wispelturige wese en jou liggaam ‘n gewetenlose baas. Jy kan dalk ‘n spesifieke idée in jou kop, maar jy moet oopkop wees en anvaar dat niks omtrent kraam en geboorte voorspelbaar is nie.

Jou dokter en vroedvrou het altwee jou en jou baba se beste belange op die hart en indien ‘n noodkeiser nodig is, moenie bang wees om vrae te vra nie. Dit is nie hoe jy geboorte gee wat tel nie, maar eerder ‘n positiewe geboorte-ervaring.

Vra of jy onmiddellik jou baba kan vashou na geboorte, sê indien jy wil borsvoed en lig die dokter in indien jou man die naelstring wil knip.

Water breek

Wanneer (en of) jou water breek, sal dit nie noodwendig uitstroom soos in die flieks nie. Dit kan aanvanklik ‘n gedrup wees, tot dit voel asof jy “vloei”. Sommige vroue se water breek eers in die hospital en sommige vroue se waters moet vir hulle gebreek word.

Sodra jou water gebreek het, verander die aard van jou kontraksies, maar dit beteken nie noodwendig dat die baba gebore gaan word nie. Jy sal heel waarskynlik ‘n kraamdoekie en weggooibare broekies dra indien jy gemaklik rond wil loop.

Kraam is uitdagend

Dit is ‘n feit. Kraam en die geboorteproses is pynlik. Maar die goeie nuus is dat jou liggaam natuurlike verdowingsmiddels produseer om jou pyn te verlig. Onmiddellik na die geboorte van jou baba word hormone en adrenalien vrygestel wat die pyn laat verdwyn tot die volgende bevalling.

Episiotomie

Jy mag dalk ? episiotomie benodig, wat beteken dat jou perineum gesny word om die vaginale kanaal te vegroot om jou baba se kop te akkommodeer. Navorsing toon dat skeuring verkies word as om gesny te word, aangesien skeuring minder pynlik is om gesond te word, vinniger gesond word en baie oppervlakkig is.

Jy het steeds kontraksies na geboorte

Dit is die sametrekking van die baarmoeder tot sy oorspronklike grootte. Jy sal dit meer ondervind wanneer jy borsvoed.

Jy mag dalk nie omiddellik lief wees vir jou kind nie

Binding en verknorgheid gebeur met tyd. Hoe meer tyd jy met jou baba deurbring, hoe meer leer ken jy hom – hoe meer sal jy lief word vir hom.

Jou baba gaan nie pienk, skoon en mooit uitkom soos in flieks nie.

Jou baba sal verkreukel wees, bedek in wit taaierige stof, bekend as vernix en bloedstrepe. Maar hy sal mooi wees vir jou .

Jy sal na geboorte hewig bloei

En bloedklonte so groot soos klein suurlemoene kan afgeskei word. As ‘n nuwe ma kan jy dalk skrik van wat jy sien uit jou liggaam kom, maar dit is normaal vir elke nuwe ma. Verwag ‘n swaar maanstonde – wat tot ses weke kan duur, helderrooi aan die begin en wat later ‘n modderige tot geel afskeiding word. Borsvoeding versnel die herstelproses en jy kan met die swaar bloeding (lochia) na drie weke stop.

Jelliemagie

Verwag om onmiddellik na die geboorte steeds sowat 5 maande swanger te lyk. Jou maag sal nog jellierig wees vir ‘n rukkie.

Omgang

Wanneer jy seks het na jy geboorte gegee het aan jou baba mag jy ‘n swaar melkerige afskeiding het tydens ‘n orgasme. Die hormone wat ‘n orgasme veroorsaak produseer ook melk vir jou baba.

Babas herken hul ma se reuk binne 45 uur na geboorte.

Vel- tot-vel tyd na geboorte is kardinaal vir dit om te gebeur.

Superwenk:

Bestee genoeg tyd saam met ander ma’s wat al deur die meule is. Hulle sal jou beslis goeie raad kan gee.

Tekens dat jy in kraam is

Jy mag dalk nie weet dat jy in kraam is nie. Goed, jou liggaam sal weet, maar jou kop kan dit ontken. Die tekens om voor uit te kyk is die volgende:

Valse kraam:

  • Kontraksies is ongereeld en duur nie lank nie. Dit is nie herhaaldelik nie en word nie meer intens nie.
  • Stap maak geen verskil tot die intensiteit en gereeldheid nie.
  • Kontraksies is geneig om te verdwyn wanneer jy lê.
  • Hierdie kontraksies kan gevoel word in die geslagsdele en die bopunt van die maag (uterus).
  • Jou baarmoedernek kan sag word, maar daar is geen verandering in dilatasie nie.
  • Daar is ook geen merkwaardige verandering in jou baba se posisie nie.

Ware kraam:

  • Jou kontraksies kan aavanklik onreëlmatig wees, maar word sommer gou meer intens, duur langer en is meer kort-kort. (Drie per 10 minute – tyd om hospitaal toe te gaan.)
  • Die kontraksies word meer intens wanneer jy rondbeweeg.
  • Deur te lê maak ook nie ‘n verskil nie.
  • Jy voel die kontraksies in jou rug en die pyn versprei vorentoe.
  • Jou serviks (baarmoedernek) word sag, verdun en begin oop te gaan.
  • Jou baba beweeg af in jou pelvis. • Jy het ‘n bloederige of slymerige afskeiding (in Engels bekend as a show).
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees