Voorbehoeding & borsvoeding

akkreditasie
Ek het gehoor dis nie nodig om voorbehoeding te gebruik terwyl jy borsvoed nie, want jy kan nie swanger raak nie. Is dit waar en hoe werk dit?

Dr. JP du Buisson antwoord:

Onthou dat jy altyd kan swanger raak; sommige vorms van voorbehoeding is net doeltreffender as ander. Geen voorbehoedingsmetode is 100 persent doeltreffend nie. 

As 100 paartjies geen voorbehoeding sou gebruik nie, sou 85 uit die 100 na een jaar swanger wees. Dis waarmee borsvoeding vergelyk behoort te word. Borsvoeding is 'n doeltreffende vorm van voorbehoeding (falingsyfer van 2 uit 100) mits daar aan drie vereistes voldoen word.

1. Jy moet eksklusief borsvoed, met geen byvoedings nie.

2. Jou baba moet jonger as ses maande wees.

3. Jy moet nog nie weer 'n normale maanstonde gehad het sedert die geboorte nie.

Sodra een van hierdie vereistes nie meer geld nie, behoort jy 'n bekomende vorm van voorbehoeding te gebruik.


Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees