Wat veroorsaak hardlywigheid in swangerskap?

akkreditasie
Ek is 24 weke swanger en begin nou hardlywig raak. Wat veroorsaak hierdie hardlywigheid en kan 'n mens dit voorkom? Is daar homeopatiese middels wat daarmee help? 

Dr. Jana Mostert antwoord: 

Omtrent elke swanger vrou word hardlywig terwyl sy swanger is. Dit word veroorsaak deur ’n sameloop van ’n paar veranderinge wat in jou lyf plaasvind.

Verhoogde vlakke van progesteroon laat peristaltiese sametrekkings van die spysverteringskanaal verswak, met die gevolg dat kos langer in die dikderm bly sodat meer water uit die stoelgang geabsorbeer word.

Die groter baarmoeder druk boonop die ingewande uit die pad, wat die deurgangv an kos belemmer en spysvertering stadiger maak.

Hardlywigheid veroorsaak gewoonlik moegheid en hoofpyn. Jou kans om aambeie te kry is ook groter. Om hardlywigheid te verbeter moet jy minstens 2 liter water per dag drink om die stoelgang vogtig te hou.

Jy kan ook ’n aanvulling van wateroplosbare vesel drink soos psyllium-doppe (wat deur Nature’s Choice as Colon Cleanse bemark word) of hawermout vesel. Dit vorm ’n jel saam met die water in jou dikderm en versag die stoelgang.

As jy steeds sukkel, kan jy die homeopatiese medisynes Bryonia 30ch en Silica 30ch beproef. Drink drie keer per dag een dosis.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees