Aambeie tydens swangerskap

akkreditasie
Wat is die effek van aambeie op kraam?

Vraag:

My baba kom oor so twee weke, en ek gaan normaal kraam. Die probleem is net dat ek aaklige aambeie het. Wat gaan die effek van kraam op die aambeie wees? My suster moes ’n dag na haar kraam weer hospitaal toe gaan om ’n aambei te laat regsien en ek wil nie hê dit moet my oorkom nie. Kan ons nou so kort voor die kraamdatum iets doen om ontslae te raak hiervan?

Antwoord:

Ja, aambeie is sleg! Een uit twee mense ly daaraan, moet dus nie alleen voel nie. Aambeie is uitgesette bloedvate wat tydens swangerskap ontstaan weens die druk van die swanger baarmoeder op die bloedvate in die bekken. Dit klink nie vir my asof daar trombose in die aambeie is nie, dus het jy nog ’n kans om iets daaraan te doen.

Die geboorte van die nuwe babatjie lê net om die draai. Ek sou voorstel dat jy iets soos Anusol-setpille gebruik om te help om die aambeie te krimp.

Dit kan wees dat die aambeie erger raak wanneer jy jou baba uitdruk. Ek stel voor jy maak die aktiewe drukfase ná jy heeltemal ontsluit is so kort as moontlik. Gelukkig behoort die aambeie vinnig kleiner te word na die geboorte van die baba en trombose behoort nie te ontstaan nie. Ek sou wel voorstel dat jy aangaan met die setpille vir ’n tydjie na die geboorte.

Ek dink nie dat die aambeie die kraam sal beïnvloed nie. Intussen moet jy ook net sorg dat jy jou stoelgange sag hou deur genoeg vesel en water in te neem.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees