book-icon Uitgawe April & Mei 2019

Aambeie tydens swangerskap

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

My baba kom oor omtrent twee weke en ek gaan normaal kraam. Die probleem is net dat ek aaklige aambeie het. Hoe gaan die bevalling my aambeie beïnvloed? My suster moes ’n dag ná haar baba se geboorte weer hospitaal toe om ’n aambei te laat regsien en ek wil nie hê dit moet my oorkom nie. Kan ons nou so kort voor die kraamdatum iets doen om daarvan ontslae te raak?

Ja, aambeie is sleg! Een uit twee mense ly daaraan; moet dus nie alleen voel nie. Aambeie is uitgesette bloedvate wat tydens swangerskap ontstaan weens die druk van die swanger baarmoeder op die bloedvate in die bekken.

Dit klink nie asof daar trombose in die aambeie is nie, dus het jy nog ’n kans om iets daaraan te doen. Die geboorte van die nuwe babatjie lê net om die draai.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees