book-icon Uitgawe Oktober & November 2019

As die wiegie leeg bly

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Infertiliteit is lankal nie meer ’n verbode onderwerp nie. Terwyl paartjies in die verlede gewoon geswyg het oor hul onvermoë om swanger te raak, is onvrugbaarheid vandag iets waaroor mense openlik praat. Ons het met dr. Jaco Strydom, ’n ginekoloog en infertiliteitspesialis by die Fembryo-kliniek in Port Elizabeth, oor die onderwerp gesels.

Hoewel dit waar is dat ál meer babas ná infertiliteitsbehandeling gebore word, kan dit nie met sekerheid gesê word dat meer mense deesdae onvrugbaar is nie. Daar is heelparty redes wat dit laat lyk of onvrugbaarheid toeneem. Dit sluit in dat baie meer paartjies deesdae onvrugbaarheidbehandeling kry as voorheen, maar dis ook omdat daar deesdae meer en beter toegang tot die behandeling is. “Waar daar voorheen net ’n handjievol fertiliteitsklinieke in die land was, is daar vandag tientalle,” sê Jaco. “Nog n rede is dat vroue langer wag voor hulle met ’n gesin begin. Die persentasie vroue wat ná 40 swanger raak, het in die afgelope 45 jaar verdriedubbel. Met ander woorde: As 5 persent van die bevolking in 1980 ouer as 40 was toe hulle die lewe geskenk het, is 20 persent van vroue dit vandag.” Omdat paartjies vandag makliker oor hul onvrugbaarheid praat, kan dit ook lyk of onvrugbaarheid toeneem.

Jy het ’n gemiddelde kans van net 20 persent om in een maand swanger te raak. Hoe ouer jy word, hoe meer neem dié syfer af. Wanneer moet ’n mens dan hulp begin soek? As jy jonger as 34 is en al ’n jaar lank swanger probeer raak, moet jy hulp gaan soek. Paartjies wat ná ’n jaar van onbeskermde gemeenskap nie swanger word nie, is volgens die definisie onvrugbaar. Omdat onvrugbaarheid toeneem namate ’n mens ouer word, moet jy vinniger hulp soek as jy ouer is. Tussen 35 en 38 jaar kan jy ná ses maande van onsuksesvol probeer ’n spesialis gaan spreek en voorlopige toetse laat doen. ’n Vrou van 39 jaar en ouer behoort nie langer as drie maande te wag voor sy ’n afspraak by ‘n infertiliteitspesialis maak nie. As jy onvrugbaar is, beteken dit nie jy kan glad nie kinders kry nie, sê Jaco. ” ’n Mens moet onderskei tussen infertiel en steriel.”

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees