book-icon Uitgawe November & Desember 2020 & Januarie 2021

As Meraai nie wil draai

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Die ou mense het gepraat van ’n brugbaba, terwyl dokters dit ’n baba in ’n stuitliggende posisie noem: daardie babas wat om die een of ander rede nie kop na onder in die ideale ge­boorteposisie lê nie, maar met hul voete of boudjies so laag dat dit dreig om eerste gebore te word.

As jy tydens jou swangerskap agterkom dat jou baba se kop boontoe wys, hoef jy nie bekommerd te wees nie. Babas veran­der gedurig van posisie in die baarmoe­der, veral as hulle nog plek daarvoor het. Tussen 20 en 25 weke van swangerskap lê sowat ’n derde van babas met hul kop na bo.

Namate die swangerskap vorder sal ál meer babas draai. Teen week 28 kan 25 persent van babas nog met die kop boontoe lê en teen week 32 sowat 10 tot 15 persent.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees