book-icon Uitgawe September & Oktober 2020

Bekommerd oor bloed

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

In jou eerste trimester is ’n paar kolletjies bloed maar net ’n paar kolletjies bloed. In Engels word dit spotting genoem. Dit kan van ligpienk tot donkerbruin in kleur wees en dit sal nie jou swangerskap beïnvloed nie, sê die bekende Johannesburgse vroedvrou suster Burgie Ireland. Die eerste trimester is ’n tyd van groot hormoonveranderinge. Die eierstokke, wat in elke menstruele siklus estrogeen en progesteroon vervaardig, moet nou rus en die plasenta toelaat om sy werk te doen. Die baarmoeder huisves immers nou ’n fetus en jy menstrueer dus nie.

Die baarmoeder groei ook. Gewoonlik lê dié orgaan effens na voor bo-oor die blaas, maar teen die einde van die 12de week van swangerskap staan dit soos ’n gloeilampie regop sodat dit in jou buik kan groei waar daar meer plek is.

Daar is ’n hele aantal oorsake. ’n Algemene een is ’n implantasiebloeding, wat ’n baie ligte bloeding is wat ontstaan wanneer die bevrugte eiersel hom in die endometrium tuismaak. Dit gebeur gewoonlik op die tydstip wanneer jy sou gemenstrueer het as jou eiersel nie bevrug was nie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees