Bloeiende tandvleis

akkreditasie

Vraag: 

Ek is swanger en my tandvleis bloei gereeld as ek tande borsel. Wat kan ek doen om die bloeding stop te sit?

Antwoord:

Omtrent die helfte van swanger vroue se tandvleis bloei, veral nadat hulle tande geborsel of gevlos het.

Die bloeding is gewoonlik ’n aanduiding van tandvleisontsteking of – as dit met ’n slegte asem en geswelde tandvleis gepaard gaan – tandvleissiekte. As jou tandvleis voor swangerskap al ontsteek was, word die simptome erger wanneer jy swanger is.

Jou tandvleis ontsteek omdat daar meer progesteroon deur swanger vroue se bloed bruis, wat ’n mens meer sensitief maak vir die bakterieë en gifstowwe in plaak.

Behandeling sluit dus die vermindering van bakterieë en plaak in. Borsel minstens twee keer per dag met ’n sagte tandeborsel en vlos minstens een keer per dag. Spoel ook gerus jou mond uit met ’n soutwater-mengsel of met kruietandsout wat jy by die apteek kan koop.

Raadpleeg jou tandhigiënis sodat versteende plaak verwyder kan word. ’n Ligte vitamien C-tekort kan ook soms die tandvleis laat bloei, soms met ’ngepaardgaande geneigdheid tot blou kolle.

Drink dus elke dag ’n vitamien C-aanvulling van 500 mg. Die homeopatiese middel Phosphorus 30 ch help bloeding beperk. Neem 10 druppels twee keer daagliks.

Natura se Sango-mengsel is soms makliker bekombaar en bevat Phosphorus. Raadpleeg jou tandarts as die tandvleisbloeding vererger, as jy tandpyn ontwikkel, of as jou tandvleis buitengewoon erg swel.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees