book-icon Uitgawe Februarie & Maart 2018

Bloeiende tandvleis

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Ek is swanger en sukkel met bloeiende tandvleis. Hoekom gebeur dit – het ek dalk ’n tekort aan iets? Is daar iets wat ek kan drink om dit te keer?

Jy moet glad nie bekommerd wees oor jou tandvleis wat bloei nie. Dit gebeur nie as gevolg van ’n tekort nie. Swanger pasiënte se tandhigiëne is minder goed. Dit gebeur deels omdat jy naar is en nie altyd so maklik kan tande borsel nie. Al jou slymvliese is boonop meer geswel as gewoonlik en dit sluit jou tandvleis in. Dit alles kan veroorsaak dat jou tandvleis makliker bloei.

Jy kan gerus ’n sagter tandeborsel beproef. ’n Mondspoelmiddel, verkieslik een wat nie alkohol of jodium bevat nie, is goed en veilig om te gebruik. Die beste tyd om tandarts toe te gaan is tussen 16 en 20 weke – dan kan die mondhigiënis ook met die plaak- en tandversorging help. Geniet die res van die swangerskap en weet dat die bloeding nie beteken jou tande gaan uitval nie!

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Okt 2021 - Jan 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees