book-icon Uitgawe Desember 2019 & Januarie 2020

Bly koel die somer

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Nee, dis nie jou verbeelding nie – die somer voel warmer as jy swanger is. ’n Swanger vrou se liggaamstemperatuur is ’n tikkie hoër as die normale – sowat een graad – en dis waarom enige bykomende hitte jou nóg sweteriger laat voel. 

Jou baba het ook nie ’n termostaat nie en dis jou lyf se werk om te sorg dat julle albei nie te koud of te warm kry nie. Daar’s ’n verband tussen ontwatering tydens swangerskap en vroeë kraam, en tussen oorverhitting en skade aan ’n baba se senustelsel. Maak dus ’n plan om koel te bly.

Jy kan lekker afkoel in die swembad en die water wat jou gewigloos laat voel, help ook om ander swangerskapsimptome te verlig. Jy kan sommer ’n babaswembad tuis onder ’n skaduboom laat opblaas as julle nie ’n regte swembad het nie. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees