book-icon Uitgawe Junie tot September 2022
Deel

Braxton Hicks | Vals alarm!

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Getty Images
Getty Images

John Braxton Hicks was ’n Britse dokter wat in die 19de eeu in verloskunde gespesialiseer het. In 1872 het hy agtergekom dat vroue pynlose sametrekkings kry wat hulle met kraam verwar en dat dit gereeld gedurende swangerskap kan voorkom en vroeg al kan begin. Hy het dit toe die Braxton Hicks-sametrekkings gedoop.

Namate jy die einde van jou eerste trimester nader (wanneer jy tussen 10 en 12 weke swanger is), kan jy dalk al af en toe voel dat jou maag verstyf. Dit word veroorsaak deur die hormoon estrogeen, en ook deur die baarmoeder wat rek.

Verbeel jou hierdie sametrekkings is “babadrukkies” en beskou dit as ’n bevestiging van jou swangerskap en dat jou liggaam al klaar sekere belangrike strukturele veranderings maak ter voorbereiding van die geboorte.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees