book-icon Uitgawe Oktober & November 2017

Braxton wat?

akkreditasie

Namate jy die einde van jou eerste trimester nader, voel jy soms hoe jou maag stywer trek. Dit word veroorsaak deur die hormoon estrogeen, en gebeur ook omdat die baarmoeder rek.

Braxton Hicks-kontraksies behels gewoonlik ook dat jou bloeddruk, polsslag en die druk in jou baarmoeder effens verhoog, en dit neem in die laaste ses weke van swangerskap toe. Dit streel jou baba en help jou om vir die bevalling te oefen.

Daar word gereken dat Braxton Hicks-kontraksies help om die senupaadjies te ontwikkel wat jou liggaam later nodig gaan hê om ware kontraksies te koördineer. Dit help moontlik ook om die serviks vir die bevalling voor te berei, en daarom word dit soms oefenkraam genoem.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees