Geboortekliniek of hospitaal?

akkreditasie
Wat is die verskil tussen in 'n gewone kraamhospitaal en 'n geboortekliniek?

Vraag:

Wat is die verskil tussen ’n gewone kraamhospitaal en ’n geboortekliniek, soos Genesis in Johannesburg?

Antwoord:

Die verskil is dat ’n gewone hospitaal ’n hoësorgeenheid as deel van die fasiliteite wat die hospitaal aanbied het, sowel as ’n teater waar hulle geskeduleerde keisersnitte doen.

’n Geboortekliniek, soos waarvan jy praat, het nie ’n hoësorgeenheid as deel van die fasiliteite op die perseel nie. Hulle het wel ’n teater waar daar operasies gedoen kan word, maar slegs noodkeisers word behartig.

Daar is ’n hele paar studies wat bewys dat sodra ’n vrou wat in kraam is, in ’n gewone hospitaal instap, haar hele liggaam gespanne word en die kraamproses vertraag word. Die studies bewys ook dat wanneer ’n vrou in kraam in ’n kalm, warm en so-na-as-moontlik aan huislike atmosfeer is, haar liggaam ontspan en haar kraamproses versnel.

Dus, wanneer ék weer die keuse moet maak oor waar ek graag die lewe wil skenk, gaan ek beslis so ’n kliniek kies, bloot omdat dit die normaalste omgewing vir geboorte is.

En ja, ek wil ook beslis al die voordele hê van iemand soos ’n doula wat my help ontspan, sodat ek ’n rustiger, vinniger en meer heuglike geboorteproses kan ervaar.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees