book-icon Uitgawe Julie & Augustus 2020

Gesondheid in die rondheid

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Uiteindelik is jy swanger! Nou kan jy eet wat jy wil en die ekstra vetjies onder lospassende kraamklere wegsteek – of so dink jy dalk. Moet egter nie net begin eet nie, want dis nou die tyd dat jou liggaam op sy gesondste moet wees omdat jóú gesondheid ook jou baba se gesondheid beïnvloed. Ons weet almal dit is nie lekker of goed vir jou as jy oorgewig is nie, maar met ’n baba in jou maag is dit vir julle albei nog slegter.

Die beste is dus om ’n ideale gewig te bereik voor jy swanger raak. As jy sukkel om swanger te raak, kan dit help om ’n paar kilo’s af te skud omdat oorgewig onvrugbaarheid kan aanhelp.

As jy nie swanger is nie, beïnvloed die ekstra gewig wat jy saamsleep net jou eie gesondheid. Gevolge van oorgewig sluit in ’n groter gevaar van diabetes, hoë bloeddruk, hartsiektes en sommige soorte kanker.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees