book-icon Uitgawe April & Mei 2019

Groen blare, gesonde baba

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Net drie weke nadat ’n nuwe lewe in jou begin groei het, vind een van die belangrikste dele van jou baba se vorming plaas. Die selle wat ontwikkel tot die brein en rugmurg moet vou en toemaak om ’n buis te vorm. Hierdie buis word die neuraalbuis genoem en strek van jou baba se kop tot by haar stuitjie.

Jou baba is nog net so groot soos ’n sonneblomsaad, maar as iets met hierdie proses verkeerd loop, kan sy ernstige afwykings opdoen.

Wanneer die neuraalbuis in die eerste 28 dae ná bevrugting nie heeltemal toemaak soos dit moet nie, word die baba met ’n neuraalbuis-afwyking gebore. Die algemeenste neuraalbuis-afwykings is spina bifida en anenkefalie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees