book-icon Uitgawe Februarie & Maart 2018

Help, my rug pyn!

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Ek is 23 weke swanger en sukkel met ’n pyn langs my stuitjie. Dit voel soos ’n spier wat vasgeknyp is. Ek is baie versigtig en tel nie swaar goed op nie. Ek stap ook vier keer per week en is taamlik fiks. Wat veroorsaak dié pyn en moet ek bekommerd wees?

Daar is ’n swangerskapspyn wat gewoonlik beskryf word as ’n lam gevoel of steekpyn tussen jou stuitjie en jou boude. Dit kan opvlam as jy lang ente stap, trappe klim, uit ’n lae stoel opstaan of enige draaibeweging uitvoer. Jou liggaam is besig om vir die bevalling gereed te maak en dit behels onder meer dat jou gewrigte en ligamente ál losser raak en in so ’n mate ontspan dat dit nie meer genoeg stabiliteit vir jou liggaam bied nie. Die verminderde stabiliteit laat pyn toeneem.

Navorsing wys dat meer as 50% van swanger vroue vroeg in hul swangerskap pyn in hul onderrug voel. Hoe nader die einde van jou swangerskap kom, hoe meer intens kan die pyn soms word. Jou swellende baarmoeder en hormoonveranderinge dra ook tot die onderrugpyn by. Namate jou baba groei en jou maag uitsit, skuif jou swaartepunt ál meer na voor. As gevolg daarvan verander jou postuur en die manier waarop jy beweeg. Dit veroorsaak dat jou maagspiere strek en ál swakker word, wat ook die stabiliteit van jou werwelkolom en onderrug aantas. Dit kan ook pyn veroorsaak as hierdie postuurveranderinge op ’n senuwee druk.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees