Die derde trimester strek vanaf week 28 tot en met die geboorte en in dié tyd sal jou fetus vinnig gewig aansit, sy organe sal ten volle ontwikkel en dit is veral ’n opwindende tyd vir sy breinontwikkeling.
In ’n nuwe studie deur die Hongaarse Sielkunde-instituut en die Amsterdamse Instituut vir Logika, Taal en Inligting is bevind dat jou baba jou stem nie baie helder in die baarmoeder kan hoor nie. Musiek kan ook te ingewikkeld wees omdat jou vrugwater die klanke demp. Hoewel jou stem en musiek dus waarskynlik nie jou baba se vermoë om te leer gaan versterk nie, kan jy maar gerus met jou baba gesels, aangesien dit binding tussen julle bevorder. Jou pasgeborene sal die geselsies geniet en op die klank van jul stemme of ander bekende stemme reageer.
Jou baba slaap reeds byna ’n halfuur op ’n slag. Sy ooglede kan nou oop en toe maak en sy ogies kan rondbeweeg om van kant tot kant te sien.