book-icon Uitgawe Augustus & September 2018

Kleinding se waterhuisie

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Vrugwater is die lewegewende vloeistof waarin jou baba in haar voorgeboortelike kokonbestaan dryf. Maar waar kom dit vandaan? Vrugwater is ’n vloeistof wat syfer deur ’n vlies wat baie van die proteïen en sellulêre elemente daarin uitfiltreer. Dit word dan ’n soort waterige oplossing van jou bloed. Vroeg in die swangerskap word vrugwater vervaardig deur die oorplasing van water en elektroliete van die fetus deur sy vel, die naelstring en die oppervlak van die vrugwatersak se binnevoering. Namate jou ongebore baba groei en ouer word, neem die niere oor en begin jou baba urineer. “Dit is waarom jou vrugwater meestal uit urien bestaan en waarom die volume daarvan toeneem,” sê die Kaapstadse ginekoloog dr. JP du Buisson.

Die vrugwater hou jou baba se temperatuur konstant. Dit help jou baba ook om sonder hindernis rond te beweeg en te groei. Aan die begin van ’n swangerskap is daar ’n groot hoeveelheid vrugwater in verhouding tot die baba. Dit laat die baba toe om vrylik in ’n gewiglose wêreld rond te swem en help so om sy ledemate en spiertonus te ontwikkel. Teen omtrent week 32 kan die meeste babas nie meer so maklik beweeg nie en hoe nader die geboorte kom, hoe meer stabiel lê jou kleinding in die baarmoeder. Die vloeistofgevulde vrugwatersak druk die wand van jou baarmoeder uit en sorg so dat jou baba nie verkeerd vorm nie. Dit hou ook infeksie uit die baarmoeder en dien as ’n kussing teen stampe. As jy byvoorbeeld ’n slag teen jou maag kry, sal jou baba goed teen beserings bestand wees danksy die gekombineerde beskerming van die baarmoederwand en die vrugwater. Daarby sluk jou baba aanhoudend vrugwater, en dit gee oefening aan die spiertjies wat hy nodig het om ná geboorte melk te sluk. JP verduidelik dat die vloeistof ook jou baba se longe vul, wat die longwande liggies laat beweeg. “Dit is uiters belangrik omdat dit jou baba se longontwikkeling bevorder.” Gedurende die geboorteproses word vrugwater uit die longe gepers namate jou baba deur die geboortekanaal beweeg. So word sy longe daarop voorberei om suurstof buite die baarmoeder in te asem. Jou baba skei ook sekere stowwe in die vrugwater uit, veral wanneer hy piepie. “Die inneem en uitskeiding van vrugwater help met die ontwikkeling van jou baba se dermkanaal,” sê JP.

Voor jy 15 weke swanger is, is daar baie min vloeistof – omtrent 35 ml. Dan styg dit skielik en teen 30 weke bly dit konstant tot omtrent op 37 weke tussen 500 en 1 100 ml. Daarna daal die volume weer skielik tot sowat 600 of 700 ml en so bly dit tot jou baba geboorte. Die afname vind plaas omdat jou baba se niere meer volwasse word. Sy urien is nou meer gekonsentreerd en minder daarvan beland dus in die vrugwater.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees