book-icon Uitgawe Februarie & Maart 2020

Kraam ek al?

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Selfs dokters vind dit moeilik om vroeë kraam akkuraat te diagnoseer. Hoe moet jý dan weet of jy werklik begin kraam het of nie – veral as dit jou eerste swangerskap is?

In ’n neutedop: Jy kraam as jy gereelde, pynlike kontraksies het en jou serviks ontsluit of jou water breek.

Ware kraamkontraksies is seer en voel of dit in jou rug begin en dan aan albei kante maag toe versprei. Ware kontraksies kan begin met ’n stywe gevoel op jou maag en/of lae rug. Dit kan aanvanklik soos Braxton Hicks-kontraksies voel (lees die kassie), maar sal aanhou en ál sterker word. As jy werklik kraam, sal daar ’n patroon ontstaan. Die kontraksies word sterker en sterker en hou ook langer aan, en die tussenposes tussen kontraksies word korter. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees