book-icon Uitgawe Februarie tot Mei 2022
Deel

Maak reg vir jou keisersnit

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Getty/Gallo Images
Getty/Gallo Images

Vir elektiewe of beplande keisersneë word spinale verdowing gekies omdat dit vinnig werk en meer volledig is. Jy bly wakker en word vooraf aan ’n drup gekoppel sodat die mediese personeel binneaarse toegang het vir enige middels wat jy dalk in die loop van die keiser nodig kry.

Epidurale verdowing word meestal in normale bevallings gebruik. Soms verander die geboorteplan van ’n normale bevalling na ’n keisersnee en dis amper net in sulke gevalle dat die keiserverdowing epiduraal is. Dit duur langer voor epidu­rale verdowing werk, maar dit help ook met pynverligting ná die bevalling.

Hoe word spinale verdowing toegedien? Jou narkotiseur sal vra dat jy regop sit en jou rug krom maak. Dit maak dit vir haar makliker om tussen jou rugwerwels in te kom sodat sy ’n lang, dun naald in jou rugmurgkanaal kan plaas. Die verdowingsmiddel word daarin gespuit en jy behoort drie tot vier uur lank van jou tepels af ondertoe verdoof te wees.  Moet jou egter glad nie daaroor bekommer nie – jy sal die naald nie eens voel nie. Konsentreer op jou asemhaling en fokus op jou maat. Bly rustig.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees