book-icon Uitgawe April & Mei 2018

Ek is swanger - mag ek koffie drink?

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Ek is baie lief vir my koffie soggens en drink gewoonlik teen middagete weer ’n koppie. Ek het pas uitgevind ek is swanger en weet dat ’n mens kafeïen moet vermy terwyl jy verwag. Maar hoe sleg is dit vir my baba as ek soggens ’n koppie koffie drink?

Die aanbevelings oor kafeïen in swangerskap is verwarrend omdat die menings daaroor verskil. Tot dusver is daar nie veel navorsing beskikbaar oor die uitwerking wat kafeïen op ’n swanger vrou en haar ongebore baba het nie.

Hou egter in gedagte dat kafeïen ’n stimulant is. Dit laat jou ook ontwater deur die hoeveelheid urine te verhoog wat geproduseer word. Dit kan jou bloeddruk verhoog en jou hartslag versnel, wat nie een goed vir jou is terwyl jy swanger is nie. Kafeïen kan ook die plasenta oorsteek en die uitwerking daarvan op die fetus is nog onduidelik. Daar is sprake dat kafeïen jou ongebore baba se slaappatroon sleg kan beïnvloed, asook sy patrone van beweging – veral in die later stadium van jou swangerskap. Onthou, dit kan jou ook wakker hou.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees