Min energie

akkreditasie
Migraines during pregnancy are more painful, given the difficulty of managing them with medication. Here's what you should know.
Migraines during pregnancy are more painful, given the difficulty of managing them with medication. Here's what you should know.
Is daar iets veiligs wat 'n swanger vrou kan drink om haar energievlak 'n hupstoot te gee?

Vraag:

Ek is ’n werkende ma met ’n tweejarige by die huis. Ek is tans 20 weke swanger. Ek het al baie gelees dat die tweede trimester veronderstel is om die trimester te wees waarin jy weer baie energie het. Dit is egter glad nie so in my geval nie. Is daar iets veiligs wat ek kan drink om my energievlak ’n hupstoot te gee?

Antwoord:

As jy swanger is, steeds werk en ook na ’n tweejarige omsien, kan jou byniere uitgeput word, wat tot hewige moegheid kan lei. ’n Mens se byniere skei kortisol in stresvolle situasies af. Kortisol is ’n noodsaaklike hormoon wat in¬ammasie beheer en jou energie gee.

In baie stresvolle situasies skei ’n mens ekstra kortisol af om beter en vinniger te kan dink en om wakker te kan bly. In die begin kan dit newe-effekte hê soos onderbreekte slaap, veral as jou kortisolvlak saans hoog is.

Later kan die byniere begin sukkel om voor te bly met die kortisolverskaf ing en daal dit weer tot baie laag. Dit word bynieruitputting genoem en as jy daaraan ly, voel jy aanhoudend moeg, jy kan nie in die oggend opkom nie en jy kan ook nie dag-tot-dag-stres hanteer sonder om buitengewoon emosioneel te voel nie.

Vitamiene wat jou byniere help herstel, is vitamien C (2 000 mg per dag), vitamien B-kompleks (vitamiene B1, B5, B6 en foliensuur help die byniere) en ook die mineraal magnesium (400 mg per dag).

Neem ’n B-kompleks wat ten minste 25 mg vitamien B1 bevat. Ek het ook gevind dat ’n magnesiumaanvulling wat kalsium bevat, beter werk as magnesium alleen. Olive, ’n Bachblom-middel, verminder ook moegheid en is veilig gedurende swangerskap. Neem drie keer per dag drie druppels onder die tong.

Vra jou homeopaat of dokter om vas te stel of jy dalk ’n ystertekort, lae bloedsuiker of ’n onderaktiewe skildklier het – dis alles toestande wat ook moegheid veroorsaak.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees