Om ’n baba te verloor tydens swangerskap is om ’n stuk van jouself te verloor. Daar’s die skok, hartseer, woede en verslaenheid. En dan kom die vrae ...
Miskrame kom verbasend algemeen voor, met sowat een uit vyf swangerskappe wat spontaan eindig – soms sonder dat ’n vrou eens van haar swangerskap bewus was. ’n Miskraam word gewoonlik beskryf as ’n spontane aborsie en vind meestal plaas in die eerste drie maande van swangerskap, dus voor week 13.
Hoewel miskrame dokters nog baie laat kopkrap, het hulle al heelparty moontlike oorsake geïdentifiseer.