book-icon Uitgawe Junie & Julie 2019

Mylpale: Trots op jou, boontjie!

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Dit is dalk moeilik om te glo want jy kan nog niks voel nie, maar jou ongebore baba begin van die oomblik van bevrugting af al ontwikkel. Danksy ongelooflike tegnologie kan jy jou groeiende baba se mylpale in die baarmoeder dophou.

1. Hartklop Teen vyf weke swangerskap begin jou fetus se hart bloed na sy ontwikkelende liggaampie pomp. Jy sal hierdie vinnige, ritmiese klank egter eers teen 10 weke kan hoor wanneer jou dokter ’n sonar uitvoer. Jou kleinding se hartklop is ’n verstommende 120 tot 160 slae per minuut; die hartklop van ’n volwassene is 60 tot 100 slae per minuut.

2. Oefen asemhaling Hoewel jy vir jou baba asemhaal, begin die fetus teen die negende week van swangerskap oefen om self asem te haal. Dit behels dat hy asemhalerige bewegings maak. Hy kry egter in werklikheid al die suurstof wat hy nodig het deur die naelstring.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees