book-icon Uitgawe Februarie & Maart 2018

’n Kalm keiser

akkreditasie

Mediese versorgers word ál meer daarvan bewus dat dit belangrik is om te sorg dat ’n ma se ervaring van die geboorte positief is en dat die geboorte nie net as ’n manier beskou moet word om die baba uit die baarmoeder te kry nie. Hier is 10 stappe wat jou kan help om jou keisersnee so rustig en betowerend moontlik te laat voel. Party mense noem dit selfs ’n natuurlike keiser.

’n Doula is daar om jou tydens die geboorte te ondersteun, ongeag watter soort geboorte jy kies. Met ’n keisersnee voel ouers dikwels uitgesluit en dit is ’n vroedvrou of doula se rol om jou betrokke te maak by elke fase van die prosedure en om seker te maak dat jou spesiale versoeke gerespekteer word.

“Jou doula of vroedvrou sal saam met jou in die teater wees om jou deur die proses te praat – letterlik en figuurlik,” sê die Johannesburgse vroedvrou Janine Nash. “Dit help jou om kalm en versorg te voel en sal jou gerusstel.”

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees