book-icon Uitgawe Oktober & November 2018

Hoeveel gewig behoort jy aan te sit terwyl jy verwag?

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Jou gesondheid vóór jou swangerskap speel ’n groot rol in jou vrugbaarheid, asook in hoe jou swangerskap verloop. Dit het natuurlik ook ’n invloed op jou baba se gesondheid, want haar welstand is regstreeks van joune afhanklik.

Om ’n nuwe mensie te kweek, is ’n enorme taak, en jy moet jou fisiek so goed moontlik daarop voorberei sodat jou baba in die allerbeste omgewing groei. Jou gewig is ’n goeie aanduiding van jou algemene gesondheid. As jy oorgewig of ondergewig is, is dit beslis die moeite werd om iets daaraan te doen voor jy jou gesin uitbrei. Die ideaal is om jou gewig onder beheer te hê nog voor jy swanger raak. Kenners stel ’n liggaamsmassa-indeks (LMI) voor van tussen 18,5 en 24,9 voor jy swanger raak.

Klim gou op die skaal en bereken jou liggaamsmassa-indeks (LMI). ’n LMI onder 18,5 beteken jy is ondergewig. As jou LMI tussen 18,5 en 24,9 is, is jou gewig ideaal. As dit tussen 25 en 29,9 is, is jy oorgewig, en bo 30 is jy vetsugtig.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees