book-icon Uitgawe April & Mei 2019

Net die beste vir boontjie

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

’n Gebalanseerde dieet hou net goeie dinge vir jou en jou baba in. Dis beslis nie nou die tyd om kilo’s af te skud nie – jy het genoeg energie nodig sodat jou baba optimaal kan groei. Babas met ’n lae geboortegewig is later meer vatbaar vir hartsiektes, hoë bloeddruk en diabetes. Bly ook liefs weg van alkohol.

Dis verder belangrik om elke dag ’n foliensuuraanvulling te drink, want dit help om afwykings in jou baba se ontwikkelende brein en rugstring te voorkom.

Jou baba se brein begin al drie weke ná bevrugting ontwikkel. Gee daardie brein ’n hupstoot deur self breinkosse te eet wat omega 3-vetsure bevat. Dit sluit in donkerkleurige vis of visolie, kos wat yster bevat (soos spinasie, boontjies en hoender wat genoeg suurstof na baba se brein stuur), en proteïene om die brein te bou.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees