book-icon Uitgawe Desember 2019 & Januarie 2020

Nie sommer net oggendnaarheid nie

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Dit was een van die mees traumatiese ervarings van haar lewe, vertel Adel Botha (33) van Bloemfontein – 14 weke van “loutere hel” waarin sy onophoudelik naar was en opgegooi het. “Geen mens wat nog nie self daardeur is, kan verstaan hoe dit voel om absoluut niks te kan inhou en heeltyd mislik te voel nie.” Adel het in haar swangerskap aan hiperemese gravidarum (HG) gely, ’n toestand wat deur die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, in die kollig geplaas is omdat al drie háár swangerskappe daardeur versuur is.

HG is ’n swangerskapskomplikasie wat deur langdurige naarheid en ekstreme braking gekenmerk word. Vir die meeste mense bring braking effense verligting, vertel Adel. ”Maar nie as jy HG het nie. Jy voel heeltyd siek. Die ergste is dat vrees deel van jou lewe word”. Sy was te bang om êrens heen te gaan want sy het nie geweet of sy daar sou siek word nie. “Ek was bang om soggens op te staan, want ek het nie geweet hoe sleg die dag sou wees nie. En bowenal was ek bang dat ek nooit weer soos ek sou voel nie.”

Dit wat Adel oorgekom het, is gelukkig nie elke swanger vrou se voorland nie. Die ongeveer 0,3 tot 2 persent van swanger vroue wat al dié ongelukkige paadjie moes stap, weet egter dat dit geen grap is nie. Dit kan selfs lewensgevaarlik wees en in buitengewone gevalle tot die dood lei.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees