book-icon Uitgawe Oktober & November 2017

Ons baba, sonder hoop

akkreditasie

Babas wat met trisomie 18 gebore word, oorleef selde langer as ’n paar dae, weke of maande. Die 10 persent wat wel langer as ’n jaar leef, staar ’n baie lang lys van ernstige mediese toestande in die gesig. Trisomie 18 staan ook as Edward se sindroom bekend, so genoem na aanleiding van die dokter wat dit geïdentifiseer het.

Babas word normaalweg gebore met 46 chromosome wat in pare van 23 gegroepeer is. In die geval van trisomie 18 is daar egter drie van chromosoom 18 pleks van die normale twee. By babas wat met trisomie 21, oftewel Downsindroom, gebore word is daar weer drie pleks van twee kopieë van chromosoom 21. Hoewel laasgenoemde soort trisomie baie meer voorkom, is die toestand nie naastenby so ernstig soos dié van trisomie 18 nie.

“Trisomie 18 raak feitlik elke sel in die liggaam,” sê prof. Lut Geerts, hoof van verloskunde en ginekologie, ultraklank en die fetalegeneeskunde-eenheid by die Tygerberg-hospitaal in Kaapstad. Omdat die babas nie na behore in die baarmoeder groei nie, het hulle meestal ’n lae geboortegewig. Hul hart en niere ontwikkel ook nie ten volle nie en hulle ondervind ernstige probleme met voeding en asemhaling.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees