book-icon Uitgawe Februarie & Maart 2019

Ovulasie 101

akkreditasie
Ovulasie 101
Ovulasie 101

As julle beplan om een van die dae met ’n nuwe pienkvoet te spog, is dit ’n goeie idee om te weet presies wanneer jy elke maand ovuleer en hoe dit werk. Jy weet seker reeds dat ovulasie die tydperk is wanneer ’n volwasse eiersel uit die eierstok – waar dit saam met duisende ander eierselletjies woon – vrygestel word. Op omtrent dag 14 van jou menstruasiesiklus beweeg die eiersel na die fallopiusbuis.

Die eiersel woon hier vir 12 tot 24 uur terwyl dit wag om deur ’n spermsel bevrug te word voor dit na die baarmoeder beweeg. Intussen vervaardig jou liggaam ook ekstra estrogeen, wat veroorsaak dat die voering van die baarmoeder verdik om solank gereed te maak vir die bevrugte eierselletjie wat daar gaan vasheg. As bevrugting nie plaasgevind het nie, word die baarmoedervoering en eiersel afgeskei wat jy as jou maandstonde ken.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees