Pak jou en baba se hospitaaltas

akkreditasie
Hier is 'n afmerklysie vir jul tassies.

Pak jou en baba se tasse sommer vroeg al, dan sal jy meer gerus wees. Onthou, jou hospitaal kan dalk nog 'n paar items vereis. Vra gerus daarna wanneer jy jou hospitaalbed bespreek. 

Idees vir baba se tas

  • sowat vyf frokkies
  • 'n mussie 
  • twee toedraaikomberse 
  • 'n warm vlieskombers 
  • 'n groot pak doeke vir pasgeborenes
  • 'n pak vogdoekies
  • boudjiesalf 
  • chirurgiese alkohol en Wecesin-poeier
  • watte 
  • 'n naelknipper
  • sjampoe 
  • reiningsmiddel 
  • babaroom 
  • fopspene (onthou om dit te steriliseer voor jy dit inpak)
  • twee stelle klere

Idees vir ma se tas

  • twee stelle slaapklere waarmee jy maklik kan borsvoed (verkieslik nie lig van kleur nie)
  • gemaklike klere vir bedags
  • weggooibare broekies vir die eerste paar dae
  • twee tot drie voedingsbra's
  • 'n handdoek
  • jou toiletware
  • 'n pak borsdoekies
  • tepelroom
  • vyf lakenlappies (linen savers)
  • die pakke sanitêre doekies 
  • 'n wasgoedsak om jou vuil wasgoed in te gooi
  • lospassende klere om in huis toe te gaan 
  • ID-boekies van ouers vir geboorteregistrasie 
  • tydskrifte en boeke
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees