book-icon Uitgawe Februarie & Maart 2020

Pasop wat jy eet

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Jy sal self weet hoe goed jou sentrale senustelsel met kafeïen omgaan. Hou in gedagte dat dit jou en jou baba onrustig kan laat voel en julle selfs hartkloppings kan gee. Dit beïnvloed ook jul vermoë om kal­sium op te neem. En as jy werklik oorboord gaan, kan dit selfs veroorsaak dat jou baba met ’n kleiner kop gebore word!

Die tipiese bronne van kafeïen is koffie, tee, koladrankies en sjokolade, maar daar is ook talle versteekte bronne soos hoesgoed, hoofpynpille en energiedrankies. Skrap die laaste drie heeltemal van jou lysie af, of vra spesifiek vir ’n weergawe wat kafeïenloos en veilig is tydens swanger­skap. Kies eerder rooibostee of warm melk.

Kalfslewer bevat baie groot hoeveelhede vitamien A en te veel daarvan kan skadelik vir jou baba wees. Dis ook hoekom jy nie sommer self moet besluit watter vitamiene en aanvullings jy tydens jou swangerskap drink nie – vra jou dokter daaroor, of kies iets wat spesiaal vir swanger vroue ontwikkel is. Hoenderlewertjies is ’n beter keuse omdat dit sowat die helfte minder vitamien A as kalfslewer bevat.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees