Reg vir baba 2?

akkreditasie
Voel jy gereed vir nog 'n rondte van doeke ruil en min slaap, of laat die gedagte jou hare regop staan? Voltooi ons prettige vraelys!

*Onthou om 'n pen en papier te kry en jou antwoorde af te skryf. 

1. Wees eerlik: Hoe voel jy as jy aan die moontlikheid van nog 'n baba dink?

A. Jy wil onder jou bed gaan inkruip en nooit ooit weer uitkom nie!
B. Jy hou van die idee, maar is bekommerd of jy werklik aan die eise van twee kinders kan voldoen.
C. Jy wil dadelik in die kar klim om nuwe gordyne vir die babakamer te koop.

2. As jou skoonma wil weet wanneer die volgende een op pad is...

A. Vra jy dadelik wanneer sy beskikbaar is as oppasser, want jy beplan ’n romantiese ete saam met manlief om werk te maak daarvan.
B. Kyk jy gou rond of manlief haar gehoor het. Jy hoop nie so nie, want jy wil eers jou lyf terugkry voor nog ’n swangerskap.
C. Sê jy kortaf dat as sy so graag ’n baba wil hê, sy hom self kan kry.

3. 'n Vriendin kom spog met haar nuwe baba.

A. Jy kan nie genoeg van die kleinding kry nie en jou vriendin het ’n stryd om hom uiteindelik uit jou arms te wurm.
B. Jy bewonder die mooie ou bondeltjie, maar is dankbaar dat jy hom kan teruggee en nie die een is wat hom elke drie uur moet voed nie.
C. Jy sê al die regte dinge, maar net die klank van die baba se gehuil maak jou lus om haar met geweld by die deur uit te stoot.

4. As jy die moontlikheid van nog 'n baba aan jou man noem...

A. Sit hy dadelik die televisie harder en maak of hy jou nie hoor nie.
B. Glimlag hy so breed dat sy glimlag agter sy ore vashaak en trek jou nader ...
C. Klink hy ingenome met die idee, maar sê julle moet eers kyk na julle finansies, werksomstandighede, ens.

5. As jy met jou vriendin se baba speel, doen jou eersteling die volgende:

A. Hy staan dadelik nader en bewonder die kleinding. Hy wil hom ook vashou.
B. Hy probeer die ander baba van jou skoot af druk om self daar te sit.
C. Hy steur hom glad nie aan jou doen en late met jou vriendin se baba nie – hy is te besig met sy eie speletjies.

6. Die grootste rede waarom jy twyfel of jy nog een moet het, is...

A. Jy is bang jy kan nie vir nog ’n baba so lief wees soos vir jou eerste nie.
B. Jy het jare laas ’n nag ordentlik geslaap en wil net graag eers ’n bietjie normaliteit hê voor jy weer voor begin.
C. Jy is regtig bang jy gaan heeltemal van jou trollie af raak met twee klein kindertjies in die huis. Jy kan skaars een hanteer!

7. As jy eerlik nadink oor hoekom jy juis nou 'n volgende kind oorweeg, is dit...

A. Omdat al jou vriendinne saam met wie jy die eerste keer swanger was, nou weer swanger is en almal jou vra wanneer jou volgende baba kom.
B. Omdat jy jou biologiese horlosie ál harder in jou ore hoor tiek-tok, tiektok.
C. Omdat die gedagte aan nog ’n kind ’n warm gloed van begeerte in jou binneste laat loskom.

8. As jy dink aan jou huwelik of verhouding, voel jy...

A. Baie gelukkig en tevrede. Jy en jou maat is ’n wenspan, kommunikeer goed en help mekaar.
B. Tevrede, maar jy sal regtig bly wees as hy ’n bietjie meer wil hand bysit in die huis of vir jou blomme bring.
C. Ongelukkig. Jy en jou maat sit vas oor alles van kind grootmaak tot hoeveel hy in die huis help.

9. As jy dink aan jul geldsake, voel jy...

A. Heel gemaklik. Julle werk elke maand ’n begroting uit en kan alles betaal wat moet plus nog die nodige spaargeld wegsit.
B. Senuweeagtig, want die lewe word ál duurder. Julle sal dalk ’n tweede kind kan bekostig, maar dit sal beslis ’n paar opofferings verg.
C. Heeltemal paniekerig! Die vensterbriefies hoop op en julle kan eenvoudig nie alles betaal nie, al probeer julle jul bes.

Klik hier vir jou telling.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees