book-icon Uitgawe Oktober & November 2018

Rekmerke

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Ek het pas uitgevind ek is sewe weke swanger. My ma het met elke swangerskap nare rekmerke gekry. Kan ek dit keer of is dit geneties?

Dr. JP du Buisson antwoord: Baie geluk met jou nuwe swangerskap! In alle eerlikheid moet jy maar hoop dat jy eerder jou pa se gene geërf het as dit by jou vel kom. Rekmerke ontstaan as die vel te vinnig moet rek weens ’n snelle toename in gewig of vergroting van ’n orgaan wat tot uitrekking van die vel lei. Die rome en olies beskikbaar gaan ongelukkig nie veel aan die rekbaarheid van die vel doen nie. In die eerste swangerskap word die baarmoeder eers teen 24 tot 28 weke groot genoeg om die vel te laat rek. Dié proses vind nie oornag plaas nie. Jy kan miskien die rekmerke help voorkom deur gereeld, van vroeg in die swangerskap af, jou vel soepeler te maak deur dit te masseer. Dis hier waar die rome en olies kan help. Die ander belangrike faktor is om te keer dat die weefsel onder die vel dramaties toeneem deur jou gewigstoename te beperk. Volg ’n gesonde eetplan en oefen sodat jy fiks bly. As jy wel jou ma se minder elastiese vel geërf het, kan jy jou daaraan troos dat rekmerke ná die swangerskap ligter word. Onthou egter dat die rekmerke ongelukkig nie saam met die res van jou vel verdonker wanneer jy sonbaai nie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees