book-icon Uitgawe April & Mei 2018

Sê nee vir alkohol terwyl jy verwag

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Suid-Afrika het een van die hoogste voorkomste van fetale alkoholsindroom in die wêreld. “Meer as ’n miljoen mense word daardeur geraak,” sê prof. Denis Viljoen, voorsitter en uitvoerende hoof van die Stigting vir Alkoholverwante Navorsing (FARR). Die siekte word fetale alkoholspektrumsiekte (FASD) genoem en dit sluit ’n hele reeks toestande in wat alles die gevolg is van ma’s wat alkohol gedrink het terwyl hulle swanger was. As jy minder ernstige vorms van FASD bytel wat veroorsaak word deur mense wat matig gedrink het terwyl hulle swanger is, kan die syfer tot 5 of 6 miljoen styg, sê Denis.

Behoeftige gemeenskappe loop ’n groter gevaar om fetale alkoholsindroom (FAS) en FASD op te doen, sê Denis. Die redes sluit in ’n gebrek aan ontspanningsgeriewe, swak opvoeding oor swangerskap, en die probleem dat baie swanger vroue depressief is en ook ander middels soos sigarette gebruik. “Sigarette en alkohol saam is ’n nare mengsel vir ’n baba omdat albei slegte newe-effekte het,” sê Denis.

Volgens die Amerikaanse Instituut van Geneeskunde is alkohol van alle dwelmmiddels die gevaarlikste vir ’n ongebore baba. Die geestes- en neurologiese probleme wat ’n baba weens alkohol in die baarmoeder opdoen is onomkeerbaar en kan nie reggestel word nie. Selfs al drink jy net liggies, kan jou baba tekens van FASD wys, hoewel die simptome eers later in sy lewe kan kop uitsteek.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees