book-icon Uitgawe Oktober & November 2019

Sit geboortepyne op hul plek

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Dis moeilik om geboortepyne te beskryf omdat dit anders is as enigiets wat jy al in jou lewe gevoel het. ’n Geboorte is seer, selfs al is dit ’n natuurlike fisiologiese proses. Medisynes wat met geboorte gebruik word, het dit veiliger as ooit gemaak om ’n baba te hê en is een van die oorsake waarom die uitkoms vir vroue nou beter is.

Dit is moontlik om met betreklik min pyn die lewe te skenk, maar dis tog wys om jou op die geboorte voor te berei deur strategieë te leer waarmee jy die pyn kan hanteer. Een van die beste maniere om seker te maak dat jy kalm bly en die pyn bestuur wanneer dit kom, is om jou daarop te voor te berei. Geboortepyne volg ’n voorspelbare patroon wat verband hou met die kontraksies van die baarmoeder. Die plek waar jy die pyn voel, sal aanmekaar verander wat betref die duur en intensiteit, en hoe gereeld die pyne kom.

Hoewel geboortepyne dikwels as een van die seerste menslike ervarings beskou word, verskil dit van vrou tot vrou en van swangerskap tot swangerskap. Amperma’s vind dikwels nie die pyn van elke kontraksie so moeilik nie as dat die kontraksies soos golwe op mekaar volg – en namate die geboorte vorder, is daar ál minder tyd vir asem skep tussen elke pyngolf.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees