book-icon Uitgawe Desember 2017 & Januarie 2018

Skop, klein sokkerster, skop!

akkreditasie

Om jou baba te voel draai, wriemel, slaan, skop of hik is van die grootste plesiere van swangerskap. Die meeste eerstekeer-ma’s voel die eerste tekens van lewe al tussen 18 en 26 weke, maar vir sommige ma’s kom daardie eerste skoppie ’n bietjie later … Ons verduidelik waarom.

As dit jou eerste baba is, weet jy dalk nog nie hoe sy bewegings behoort te voel nie. Dit kan voel soos ’n gefladder, rukbewegings, stote of selfs hongerpyne of ligte naarheid, wat dit maklik maak om te verwar of te ignoreer. Wees gerus, namate jou swangerskap vorder en jou baba sterker word, sal jy sy bewegings ook intenser voel. Jy behoort later elke skop en stoot te voel.

In die laaste deel van jou swangerskap dink jy soms die fetus beweeg terwyl hy eintlik hik. Die verskil is dat ’n gehik ritmies is en jou baba se bewegings meer onreëlmatig. Moenie bekommerd wees nie – die hikkery is nie vir jou baba so ongemaklik soos vir jou nie; dis net sy manier om sy longe vir asemhaling voor te berei.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees