book-icon Uitgawe Februarie & Maart 2018

Slaap veilig

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Jy kan waarskynlik nie verstaan waaroor die bohaai gaan nie: Waarom kan jy nie soos altyd op jou maag slaap wanneer jy swanger is nie? Wel, daar is geen mediese rede wat jou daarvan weerhou nie, maar jy sal gou agterkom dat namate jou magie swel, dit glad nie meer so maklik is om met jou gesig na onder te slaap nie. As jy voor jou swangerskap ’n maagslaper was, kan jy probeer om met een been na bo gebuig te slaap sodat daar ’n bietjie meer plek vir daardie boepie van jou is.

As jy “slaap tydens swangerskap” google, sal jy oorval word deur kommentaar en raad wat jou vertel om eerder op jou linkersy te slaap en nie op jou regter- sy nie. Voor jy jou wekker stel om elke 20 minute wakker te word en om te draai, hou die volgende in gedagte: Jou liggaam se hoofdoel op hierdie oomblik is om jou groeiende baba te beskerm. Jy sal dus in jou slaap omrol of van die ongemak wakker word as jou baba enigsins swaarkry. Dit is in elk geval onwaarskynlik dat slaap op jou regtersy ernstige probleme gaan veroorsaak.

Namate jou baba en jou maag groter en swaarder word, is die algemeenste raad dat jy dit vermy om op jou rug te slaap. Wanneer jy plat op jou rug lê, druk jou nou baie swaarder baarmoeder teen die vena cava, die grootste aar wat bloed vanaf jou liggaam terug na jou hart vervoer. Die gevolg is stadiger bloedvloei en dat minder bloed na baba teruggevoer word. Dit veroorsaak dat jou baba se hart stadiger klop.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees