book-icon Uitgawe Junie & Julie 2019

So kraam Pa saam

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Berei julle saam voor Gaan saam na voorgeboorteklasse en probeer so reeds ’n band met jul ongeborene vorm. Dit sal jou verhouding met jou vrou en later met jul gesin as geheel ekstra betekenis en krag gee, sê Karin Steyn, ’n hipnogeboortepraktisyn.

Kyk geboortevideo’s Dit sal help dat jy nie skrik en omdop as jou rooi, verrimpelde babatjie met sy keëlvormige koppie te voorskyn kom nie.

Kry logistieke reëlings agter die rug Installeer solank die motorstoeltjie en beplan die twee beste roetes na die plek waar jul baba gebore gaan word. Wanneer die oomblik van aksie aanbreek, kan jy jou vrou kalm en met selfversekering begelei, want “die pa se grootste werk tydens swangerskap, geboorte en ouerskap is om na die balans, veiligheid en sekuriteit van die gesin om te sien”, verduidelik Karin.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees