book-icon Uitgawe Februarie tot Mei 2022
Deel

Só werk kraam (saam met jou maat)

akkreditasie
Getty/Gallo Images
Getty/Gallo Images

Berei julle saam voor Gaan saam na voorgeboorteklasse en probeer so reeds ’n band met jul ongeborene vorm. “Hoe sterker die band tussen pa en ongebore kind, hoe groter is die kans dat pa meer geneig sal wees om aan die verhouding met ma te werk en hom tot die gesin sal verbind,” sê Karin Steyn, ’n Johannesburgse voorligtingsielkundige en hipnogeboortepraktisyn.

Kyk geboortevideo’s Dit sal help dat jy nie skrik en omdop as jou rooi, verrimpelde babatjie met sy keëlvormige koppie te voorskyn kom nie.

Sorg vir logistiek Installeer solank die motorstoeltjie en beplan die twee beste roetes na die plek waar die baba gebore gaan word. Wanneer die oomblik van aksie aanbreek, kan jy jou vrou kalm en met selfversekering begelei, want “die pa se grootste werk tydens swangerskap, geboorte en ouerskap is om na die balans, veiligheid en sekuriteit van die gesin om te sien”, sê Karin.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees