book-icon Uitgawe Augustus & September 2019

Speel klaar met swangerskapskete

akkreditasie

Byna die helfte van alle swanger vroue voel naar, veral soggens. Vroue met ’n tekort aan sekere voedingstowwe is meer geneig tot naarheid, hoewel swangerskapverwante hormone die eintlike sondaars is. Dié hormone skiet die hoogte in gedurende week nege en 10 van jou swangerskap en dis wanneer jy op jou slegste voel. Onthou, naarheid kan ook jou liggaam se manier wees om ontslae te raak van gifstowwe. Troos jou daaraan dat die meeste gevalle van mislikheid net in die eerste trimester voorkom.

RAAD Eet gesonde kos waarvan jy hou. As jy nooit ’n Brusselse spruitjie oor jou lippe kon kry nie, is die kans skraal dat jy nou daaraan gaan smul. Eet gereeld, want dit hou jou bloedsuikervlak konstant.

Vroue het meer vitamien B6 en B12, foliensuur, yster en sink gedurende swangerskap nodig en naarheid is dikwels ook die gevolg van te min sink in jou liggaam. As jy baie opgooi, kan jy ’n magnesiumtekort ontwikkel.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees